Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 06 OKTOBER 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

CQ HOU KOERS EN JAMBOREE OP DIE LUG VOLGENDE NAWEEK

BAIE STERKTE AAN DIE RAE-KANDIDATE

en

DESEMBER 2019 IS YOTA MAAND

Bly op hoogte vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus.

CQ HOU KOERS EN JAMBOREE OP DIE LUG VOLGENDE NAWEEK

Het jy jou plaaslike Voortrekker Kommando of Padvindergroep gekontak om op Saterdag 19 Oktober met CQ Hou Koers of Jamboree op die Lug van 18 tot 20 Oktober te help?

Tydens CQ Hou Koers is die meeste Voortrekker stasies aktief van 08:00 tot 12:00 SAT op 40 en 20 m en plaaslike herhalers. Die geleentheid oorvleuel met JOTA, daarom kan interessante QSOs tussen jong Voortrekkers en Padvinders verwag word. JOTA loop vanaf 22:00 SAT op Vrydag 18 Oktober tot 22:00 SAT op Sondag 20 Oktober.

Doen asseblief die moeite om met die jongmense te gesels en hulle aan amateur radio bloot te stel. Ons hoop om baie amateurs en jong mense op die lug te hoor. Vir die Voortrekkers, kontak Andries, ZS6VL by orionvoortrekkers@gmail.com en vir die Padvinders kontak Richard, ZS6RKE by richard@sandringhamscouts.co.za

BAIE STERKTE AAN DIE RAE-KANDIDATE

134 kandidate skryf op Saterdag 19 Oktober die radio amateurs eksamen in 24 eksamen sentrums in Suid-Afrika en Namibië. Die SARL Nuus span wens alle kandidate sterkte toe met die eksamen en ons hoop om binnekort op die lug met jou te gesels.

DIE NUUTSTE ITU NUUS TYDSKRIF

Die nuutste ITU Nuus Tydskryf is beskikbaar vir aflaai en dit gaan alles aan Spektrum Bestuur en WRC-19, asook 'n voorskou van WRC-23. Op bladsy 72 kan jy die artikel lees deur David Sumner, K1ZZ, sekretaris van die Internasionale Amateurradiounie. Die artikel het die titel "Views of the International Amateur Radio Union on WRC 19 agenda items."

Die Internasionale Amateurradiounie (IARU) neem sedert 1927 aan ITU-konferensies deel en is sedert 1932 'n sektor lid van ITU en speel 'n aktiewe rol in die werk van die ITU-radiokommunikasie sektor (ITU–R) en die ITU telekommunikasie-ontwikkeling sektor ( ITU–D) namens meer as drie miljoen lisensiehouers in die amateur en amateur-satelliet dienste. Algehele IARU-doelstellings vir WRC 19 is die globale harmonisering van die amateur-toekenning van 50 tot 54 MHz; die handhawing van bestaande spektrum toegang vir amateurs en die versterking van die beskerming van radiokommunikasiedienste teen inmenging deur ander opwekkers van radiofrekwensie (RF) -energie.

Jy sal die skakel om die tydskrif af te laai vind op die voorblad van die SARL-webwerf.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

BBC-TELEVISIE ONTVANG IN SUID-AFRIKA

Norman, G4AYU het 'n ou video uit 1949 met G8IG en ZS1PK op die Twitter rekening van die BBC-argief geplaas. In die video kan jy na G8IG en ZS1PK luister oor die ontvangs van TV-seine in Kaapstad. Kyk na https://twitter.com/BBCArchive/status/1180860261382508544

DESEMBER 2019 IS YOTA MAAND

Die Streek 1 Jeug Werkgroep is opgewonde om aan te kondig dat ons beroemde Desember YOTA-maand weer vanjaar sal plaasvind. Ons wil jou uitnooi om deel te neem met 'n roepsein met YOTA as agtervoegsel. Die idee hiervoor is om amateur radio aan jong mense te wys en om jongmense aan te moedig om aktief op die amateur bande te wees. Dit is 'n wonderlike oomblik om amateur radio aan die węreld te wys en nuwelinge te nooi.

Diplomas kan behaal word deur die verskillende YOTA spesiale stasies te werk wat deur die hele Desember deur jong operateurs bedryf word! Dit is natuurlik nie 'n kompetisie nie, maar om soveel moontlik jongmense uit soveel lande op die lug te kry. Die doel is dat YOTA-stasies in die algemeen deur jong mense bedryf word, met die maksimum ouderdom van 25 jaar. Die geleentheid vind plaas vanaf 00:00 UTC op 1 Desember 2019 tot 23:59 UTC op 31 Desember 2019.

Die SARL Jeug koördineerder en Raad is besig met die roepsein aansoek en meer inligting sal binnekort beskikbaar gestel word.

KLUB NUUS

Die Magalies Radio Amateurklub het op 21 September 2019 hul AJV gehou en die volgende lede is tot die komitee vir 2019/2020 verkies.

Voorsitter: Thys Maree, ZS6MJM
Vise-voorsitter: Chris van Eeden, ZS6CVE
Sekretaris: Johann du Plessis, ZS6PSS
Tesourier: Pieter Myburgh, ZS6PAM
Sosiaal: Kleingert Horn, ZS6HRN
Media: Peter Spicket, ZS6SP en Coba Maree, ZS6CMA
Kompetisies: Helgard Honiball, ZS6HON
Bulletins: Richard Peer, ZS6UK en Jasper Malan, ZS6JMA
Tegnies: JJ Snyders, ZS6JSJ

Die Bo-Karoo LNR het op 5 Oktober sy jaarvergadering op Vanderkloof gehou. 'n Aantal klub toekennings is aan lede oorhandig en die volgende lede is tot die komitee verkies.

Voorsitter: Pieter Gaybba, ZS3PG
Ondervoorsitter: Jannie Smith, ZS3CM
Tesourier en sekretaris: Alta Gaybba, ZR3PA
Kompetisies: Pieter Jacobs, ZS6XT
Tegnies: Nico Engelbrecht, ZS6MAJ

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Met die onlangse dag-en-nag-ewening kan amateurs veral rondom sonsopkoms en sonsondergang goeie DX openinge op die 10 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

18 tot 20 Oktober - Jamboree op die Lug
19 Oktober - die RAE en CQ Hou Koers
21 Oktober - die sluitingsdatum vir QRP en AWA Buis QSO Geselligheid logstate
26 en 27 Oktober - CQ Węreldwye ESB-kompetisie
27 Oktober - die PEARS HF-kompetisie
02 November - die RaDAR Uitdaging en die Pretoriase ARK snuffelmark
09 en 10 November - die SARL Analoog BHF/UHF-kompetisie
10 November - Herinnering Sondag
11 November - Wapenstilstand en die sluitingsdatum vir RaDAR logstate

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Het jy jou plaaslike Voortrekker Kommando of Padvindergroep gekontak om op Saterdag 19 Oktober met CQ Hou Koers of Jamboree op die Lug van 18 tot 20 Oktober te help? Vir die Voortrekkers, kontak Andries, ZS6VL by orionvoortrekkers@gmail.com en vir die Padvinders kontak Richard, ZS6RKE by richard@sandringhamscouts.co.za

Dit sluit ons bulletin vir vanoggend af.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3 620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS, geredigeer deur Johan de Bruin, ZS6JHB en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003